Gaan na inhoud

Saturnusnewel

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Saturnusnewel
NGC 7009 afgeneem deur die Baie Groot Teleskoop.[1]
NGC 7009 afgeneem deur die Baie Groot Teleskoop.[1]
Soort newel Planetêre newel
Sterrebeeld Waterdraer
Waarnemingsdata (Epog J2000)
Regte klimming 21h 04m 10.877s[2]
Deklinasie -11° 21′ 48.25″[2]
Skynmagnitude (m) 8,0[3]
Absolute magnitude (M) 2,5 tot 1
Besonderhede
Afstand (ligjaar) 2 000 - 4 000
Skynbare grootte 41 × 35 boogminute[2]
Ander name
NGC 7009,[2] Caldwell 55
Portaal  Portaalicoon   Sterrekunde

Die Saturnusnewel (ook bekend as NGC 7009 of Caldwell 55) is 'n planetêre newel in die sterrebeeld Waterdraer. Dit lyk groengeel deur 'n amateurteleskoop. William Herschel het dit op 7 September 1782 in Engeland ontdek met 'n teleskoop wat hy self ontwerp het. Dit was een van die vroegste ontdekkings in sy ruimteopname. Die sentrale ster is 'n helder witdwerg met 'n skynbare magnitude van 11,5.

NGC 7009 afgeneem deur die Hubble-ruimteteleskoop.

Die newel kry sy naam van sy kunsmatige ooreenkoms met die planeet Saturnus met sy ringe feitlik reg van die kant af gesien.

Die Saturnusnewel is 'n komplekse planetêre newel met baie morfologiese en kinematiese substelsels in drie dimensies, soos 'n halo, straalagtige strome en knope.[4]

Die sentrale ster, 'n baie warm blouerige witdwerg met 'n temperatuur van 55 000 K, waaruit die newel vermoedelik ontstaan het, het 'n absolute magnitude van +1,5, wat beteken sy ligsterkte is sowat 20 keer so sterk as die Son s'n en sy skynbare magnitude is 11,5. Die sterk ultraviolet straling van die sentrale ster skep die kenmerkende gloeiende groen kleur van die newel.

Die newel self het 'n skynbare magnitude van 8 en 'n radiale snelheid van meer as 40 km/s na die Aarde.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "The Strange Structures of the Saturn Nebula". www.eso.org. Besoek op 27 September 2017.
  2. 2,0 2,1 2,2 2,3 Saturnusnewel by Simbad
  3. "Messier Online Astronomical Database". Saturn Nebula. Besoek op 28 Augustus 2012.
  4. Steffen, W.; Espíndola, M.; Martínez, S.; Koning, N. (Oktober 2009). "The 3D velocity structure of the planetary nebula NGC 7009". Revista Mexicana de Astronomía y Astrofísica. 45: 143–54. arXiv:0905.2148. Bibcode:2009RMxAA..45..143S.

Skakels

[wysig | wysig bron]